Seven on Buiten

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seven on Buiten is in Trompsburg, net 2 minute se ry van die N1 af. Dié dorpie is 120 km suid van Bloemfontein en bied 'n gerieflike oorslaapplek tussen die Kaap en Gauteng. Omdat ons die behoefte aan gehaltekoffie op die lang pad verstaan, is ons eenhede op dieselfde perseel as ons Solar Coffee Roastery.

Seven on Buiten bied 2 ruim, moderne selfsorg-eenhede wat elkeen slaapplek aan 4 gaste bied. Die selfsorg-eenhede is geskik vir uiteenlopende gaste soos gesinne met kinders, paartjies of enkelreisigers. Ons is selfs troeteldiervriendelik. Die eenhede is in 'n stil deel van die dorp met 'n uitsig oor die plattelandse vlaktes.

Albei eenhede het WiFi en verskeie bordspeletjies is te huur vir die koue, reënerige Vrystaatse winters. Die eenhede kan ook saam bespreek word vir 'n familie- of sakebesoek. Elke eenheid het 'n koningingrootte-bed, 'n dagbed met beddegoed, 'n en suite-badkamer, selfsorgkombuis en sitarea.

Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Die verblyf gesinsvriendelik met oorgenoeg veilige ruimte vir kinders om te speel, asook diere, 'n klimraam en 'n sandput.

Die koffie word op die perseel gerooster en daar is verskeie lekkernye op die koffiewinkel se spyskaart.

Trompsburg het ook 'n klein winkelsentrumpie waar gaste basiese benodighede kan aanskaf.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seven On Buiten gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za