Seven Streams Bed and Breakfast
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9de Straat 136A, Parkmore, Sandton, 2196, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Seven Streams Bed and Breakfast is 'n rustige toevlugsoord in die hartjie van Sandton in Johannesburg. Dié B&B bied eksklusiewe verblyf in 'n stil en veilige omgewing, en is 2 km van Sandton se sakekern en 1 km van Benmore Gardens Winkelsentrum af. Alle hoofpaaie is maklik bereikbaar vanaf die B&B en is dus ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.
Verblyf word in 3 gaste suites gebied wat elkeen slaapplek het vir 2 tot 3 gaste en individueel versier is. Dié elegante suites het elkeen 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, broodrooster en 'n ketel. Die suites is in 'n pragtige tuin met 'n waterval en rotspoel geleë, en elke kamer lei na die binnehof en privaat sitarea wat 'n uitsig op die sentrale fontein bied.
'n Kontinentale ontbyt word in die kamers bedien, maar gaste kan ook hul ontbyt in die tuin geniet. Aandete is op versoek beskikbaar. Veilige parkeerplek word voorsien en elke gas kry 'n afstandbeheer vir die hek. Gaste kan dus vrylik in en uit beweeg.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 9de Straat 136A, Parkmore, Sandton, 2196, Gauteng
- Gaste dink Seven Streams Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sandton Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9de Straat 136A, Parkmore, Sandton, 2196, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom