Sha-Ron's Place
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brisbane-weg 3, Umbilo, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sha-Ron's Place bied selfsorg-verblyf in die Umbilo voorstad Durban en is ideaal vir sakreisigers, vakansiegangers en gesinne. Dit is sentraal en binne bereik van winkels, restaurante en besienswaardighede.
Verblyf bestaan uit 3 eenhede wat kothuis 1, kothuis 2 en die Umbilo Bussiness Base Home wat slegs vir sakreisigers is in.
Kothuis 1 het 1 slaapkamer en slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n kinderbank vir 2 in die sitarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n kombuis, 'n sitarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in.
Kothuis 2 het 1 slaapkamer en slaapplek vir 2 volwassenes. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Daar is ook 'n enkelbed in die eetarea. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n kombuis, 'n sitarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in.
Umbilo Bussiness Base Home beskik oor 3 slaapkamers en bied verblyf aan 4 gaste. Die eerste slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n stort, bad, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit ’n kombuis, sitarea, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe, ’n TV met eksklusiewe DStv-kanale en WiFi in. Daar is ook 'n swembad.
Veilige parkeerplek is in 1 motorhuis beskikbaar. Die gashere is 24 uur per dag beskikbaar vir enige bystand.
Gaste kan nabye aktiwiteite soos swem, fietsry en Durban se strand geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Brisbane-weg 3, Umbilo, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sha-Ron's Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Berea Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brisbane-weg 3, Umbilo, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom