Shabby Chic

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shabby Chic is 'n woonstel in Muizenberg wat smaakvol ingerig is en net 15 minute se stap van Muizenberg se strand af geleë is.

Die Shabby Chic-woonstel is veilig en privaat met 'n houtdek en toegang tot die agtertuin. Die woonstel het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n stort en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n mikrogolfoond en 'n oond.

WiFi is in albei eenhede beskikbaar. Gaste kan gebruik maak van die braai-area en veilige parkeerplek word agter 'n afstandbeheer-hek voorsien.

Daar is 'n vlei reg buite waar gaste op kano's kan vaar. Verder is Muizenberg perfek vir reisigers wat wil branderplankry, walviskyk in seisoen, restaurante en koffiewinkels besoek, en die Zandvlei Natuurreservaat wil verken.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shabby Chic gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R670 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false