Manaba Akkommodasie by Shad Bay Apartments | LekkeSlaap
+93
+93

Shad Bay Apartments

  • Vanaf R550 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Lilliecrona- en Collis-weg, Manaba-strand, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Shad Bay is die perfekte vakansiebestemming aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Dis sentraal geleë in Manaba-strand, tussen Margate se noordelike strand en Uvongo. Dis die perfekte vakansieplek en gaste word bederf met pragtige uitsigte.

Verskeie verblyfsopsies word gebied, van 'n groot familiehuis tot knus en gesellige woonstelle vir kleiner groepe.

Woonstel 1 het slaapplek vir 6 gaste. Dié selfsorg-dubbelverdiepinghuis is ideaal vir 'n rustige gesinsvakansie en is slegs 'n entjie se stap van die strand af. Daar is 3 slaapkamers. Die 2 dubbelkamers lei na ’n balkon. Die kombuis is toegerus met eetgerei en breekware vir 8 gaste en die oopplan-leefarea en -eetarea lei na ’n stoep met ’n privaat braai.

Woonstel 4A bied slaapplek aan 8 gaste en is ideaal vir 'n gesin. Dié selfsorg-dubbelverdiepinghuis is ideaal vir 'n rustige gesinsvakansie en is slegs 'n entjie se stap van die strand af. Daar is 2 dubbelkamers en ’n kamer met 4 stapelbeddens wat geskik is vir kinders. Die kombuis is toegerus met eetgerei en breekware vir 6 gaste en die oopplan-leefarea en -eetarea lei na ’n stoep met ’n privaat braai.

Woonstel 4B bied slaapplek aan 4 gaste. Dis ideaal vir ’n vinnige wegbreek of ’n klein gesin. Daar is 1 dubbelkamer en 1 2-enkelbedkamer. Die woonstel is op die tweede verdieping en het asemrowende see-uitsigte. Dis slegs ’n entjie se stap van die strand af. Die kombuis is toegerus met eetgerei en breekware vir 6 gaste en die oopplan-leefarea en -eetarea lei na ’n stoep met ’n privaat braai.

Elke eenheid het ’n DStv-koppelpunt, maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerders en -slimkaarte saambring. Let asb. daarop dat DStv Explora nie hier werk nie. Elke eenheid het ook Openview HD.

'n Skoonmaakdiens is beskikbaar en kan direk by Lungi bespreek word wat op die perseel woon.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 26 resensies vir Shad Bay Apartments
Netheid
4.2/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Hoek van Lilliecrona- en Collis-weg, Manaba-strand, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Shad Bay Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Lilliecrona- en Collis-weg, Manaba-strand, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAtrS7YLGeUE18QhBEIpbRuY6F1507OBJAE71D4cPXtRbRe6rK8r?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 2) 26 5 1 5 Corner of Lilliecrona Road and Collis Road Manaba Beach 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.852333046952 30.384008657333
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za