Shades of Provence
Kry 15% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fonteinstraat 24b, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 7
-
Vanaf
R800R680 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shades of Provence is weggesteek in die hartjie van die poskaartmooi Riebeek-Kasteel en dit bied selfsorgverblyf in 'n lieflike gastehuis wat die gevoel van die Riebeekvallei perfek vasvang. Gaste kan heerlik onder die olyfbome in die tuine met hulle mooi kleurvolle blomme ontspan of in die binnehof onder die eikeboom 'n glasie Shiraz geniet.
Die gastehuis bied verblyf in 6 en suite-slaapkamers wat individueel of as 'n geheel bespreek kan word. Die huis kan ook in 2 ewebeeld-eenhede gedeel word. Vier van die kamers beskik oor 'n groot bad en stort en die ander 2 kamers het net 'n stort. Lavender Fields het 'n gesogte spa-bad. Die kamers word daagliks skoongemaak. Elke kamer beskik oor lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis WiFi is oral beskikbaar.
Daar is 2 goed toegeruste kombuise, 2 leefareas met 'n kaggel in elk en 'n terapie-kamer. Die huis het 'n swembad vir warm somersdae. Daar is parkeerplek op die perseel agter 'n hek beskikbaar.
Geniet ontbyt by een van die vele goeie restaurante in die dorp. Gaste kan ook uitsien na die mooi platteland, ongelooflike kos en uitstekende wyn uit die vallei. Gaste kan ook 'n warm klip-massering by een van die gastehuis se ervare terapeute bespreek.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Italiaans
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Fonteinstraat 24b, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
- Gaste dink Shades of Provence het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Riebeek-Kasteel Riebeek-Wes Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fonteinstraat 24b, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 7