Shadows Gastehuis
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Den Lingen-straat 23, Bothaville, 9660, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shadows Gastehuis is in die klein plaasdorpie Bothaville geleë. Dié gastehuis is 8 km vanaf Buenos Aires en 500 m vanaf Nala-hospitaal geleë.
Die gastehuis beskik oor 3 en suite-kamers en 'n drieslaapkamerwoonstel. Die kamers is met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, mikrogolfoond, verwarmer, handdoeke, 'n TV met DStv OpenView en WiFi toegerus.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is, asook 'n leefarea met TV en WiFi. Die woonstel het 'n binnebraai met 'n etenstafel en 'n onderdakstoep. Privaat parkeerplek is beskikbaar vir 'n voertuig. Die woonstel is ideaal vir gesinne wat saam in 1 eenheid wil oornag.
Die gastehuis het ook 'n sonkragstelsel en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Die verblyf het 'n elektriese heining met veilige onderdakparkeerplek en 'n braai-area is ook beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Van Den Lingen-straat 23, Bothaville, 9660, Vrystaat
- Gaste dink Shadows Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bothaville Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Den Lingen-straat 23, Bothaville, 9660, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom