Shalati Kruger Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shalati Kruger Lodge is in 'n inheemse bos op die suidelike grens van die Manyeleti Wildreservaat en die Krugerwildtuin.

Dié lodge bied 14 luukse permatente wat op houtdekke verhewe is. Die tente het lugversorging en het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Elke tent het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke tent het ook 'n klein sitarea en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die lodge het 'n kroeg en 'n swembad, en 'n verskeidenheid plaaslike disse word in die eetkamer of in die opelug boma bedien.

Gaste kan in die bos gaan stap of soggens en smiddae 'n wildrit in die Manyeleti Wildreservaat geniet. Gaste kan ook vir 'n voldag wildrit in die Krugerwildtuin gaan. Alle doendinge is onderhewig aan beskikbaarheid en weersomstandighede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shalati Kruger Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 908 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za