Shallcross

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shallcross bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike vierslaapkamer-villa aan die einde van 'n stil doodloopstraat in 'n veilige, privaat, ommuurde omgewing in Constantia.

Shallcross is pragtig versier en spog met moderne meubels en toebehore. Die villa het 4 slaapkamers, 2 per vleuel. In die linkervleuel is daar 'n aparte TV-kamer. Dié vleuel se slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Altwee slaapkamers maak oop op die tuin. Die derde slaapkamer is in die regtervleuel en het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n klein bad. Die hoofslaapkamer is aan dieselfde kant as die derde slaapkamer en beskik oor 'n koninggrootte-bed, en 'n en suite-badkamer. Dié slaapkamer lei na die tuin. En daar is 'n privaat binnehof tussen hierdie twee slaapkamers.

Die villa het pragtige houtvloere en hoë plafonne, en 2 sitareas met 'n eetkamertafel in die middel. Die eetareas maak oop op 'n patio. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank en is ten volle toegerus vir selfsorg. Daar is 'n aparte opwas- en wasgoedkamer en 'n spens. Die ruim leefarea lei na 'n onderdak-patio met 'n eetkamertafel vir al fresco-etes. Die huis het ook braaigeriewe en 'n pizza-oond. En daar is 2 DStv-dekodeerders en WiFi.

Gaste kan rustig ontspan op die patio en hulself verlustig in die asemrowende berguitsigte. Die swembad is langs die stoep. 'n Voltydse skoonmaker is beskikbaar. Die villa se puik ligging maak dit baie maklik om by Constantia se wynplase en winkelsentrums uit te kom en die V&A Waterfront is net sowat 20 km van hier af.

Slaapplek

'n Bespreking by Shallcross sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shallcross gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R14 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za