Shammah Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shammah Guest Farm bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n rustige omgewing in die hartjie van die Vrystaat, minder as 60 km vanaf Bethlehem en minder as 100 km van Clarens af.

Die gastehuis beskik oor 1 eenheid wat slaapplek bied vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit het 'n oopplan-kombuis en -leefarea wat baie gemaklik is.

Die hoofleefarea beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n tafel en sitplek vir 4, en 'n gemaklike sitkamer met 'n TV, DVD-speler, dekodeerder en DStv-gastehuispakket. Daar is 2 gemaklike stoele en 'n slaapbank met slaapplek vir 2 kinders.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, stoof met 'n oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, wasbak, eetgerei en breekware. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek omskep kan word in 'n koninggrootte-bed. Beddegoed, handdoeke en 'n elektriese kombers is beskikbaar in die winter en 'n waaier in die somer.

Die instansie is toegerus vir beurtkrag en die kombuis het 'n gasstoof en daar is 'n gasgeiser vir warm water vir die kombuis en badkamer. Daar is ook skoon boorgatwater wat 24 uur per dag.

Die en suite-badkamer beskik oor 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n swembad, lapa, braai-area, speelpark, tuin, en 'n veerpyltjiebord beskikbaar vir gaste.

Kom vergeet van die stres en die gejaag van die stad en geniet die rustigheid en gasvryheid van die plaas. Jy is altyd welkom by Shammah Guest Farm.

Shammah Guest Farm is stapafstand van 'n dam waar besoekers heerlik kan piekniek hou. Skape en beeste wei in die velde en verskeie voëlspesies kan ook gesien word. Doendinge op die plaas sluit staproetes en bergfietsroetes in. Daar is tientalle doendinge in die omgewing, soos visvang en bergklim. Shammah Guest Farm is minder as 300 km vanaf Potchefstroom, Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria, minder as 400 km vanaf Kimberley en minder as 450 km van Durban af.

Slaapplek

'n Bespreking by Shammah Guest Farm sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Mandjie met Peuselhappies
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shammah Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za