Shangrila
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Upper Road, Yzterfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Shangrila is 'n pragtige, moderne huis in Yzerfontein. Dié huis se oopplan-leefarea en asemrowende uitsigte maak dit ideaal vir 'n heerlike wegbreek.
Paartjies het die keuse om net die moderne suite op die boonste vlak te bespreek. Die hele huis met sy 4 slaapkamers, 2 kombuise, 2 badkamers, en 2 leefareas kan ook bespreek word, dan is daar slaapplek vir 8 mense. Daar is 'n kaggel vir die koue winters en braaigeriewe is beskikbaar.
Die boonste vlak het 1 koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, broodrooster en mikrogolfoond. Die leefarea het gerieflike sitplek en dit lei na die patio met braaigeriewe en pragtige uitsig oor die oseaan.
Daar is 3 slaapkamers op die onderste vlak. Een van dié slaapkamers het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die ander 2 slaapkamers. Die badkamer het 'n bad en stort. Daar is 'n aparte gaste-toilet. Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. En veilige parkeerplek is beskikbaar in die motorhuis.
Shangrila is lekker naby die hoofstrand en winkels.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Opsomming van Resensie
Ligging
- 21 Upper Road, Yzterfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Shangrila het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Upper Road, Yzterfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom