Shangrila
Opsomming van Resensie
Melanie V - Jun 2017
Gemiddeld
Verblyf was fantasties!
Janetta L - Mei 2017
Gemiddeld
Ons het ongelukkig nie gekry wat die advertensie ons gebied het nie.
Shangrila's terugvoer
Beste Janetta,
Dankie vir jou terugvoer.
Ek stel graag duidelikheid aan hierdie situasie. Vir ons is dit vreeslik belangrik om almal welkom te laat voel en kliënte se behoeftes te bevredig, daarom het ons julle behoefte om vroeër te kon in-klok asook later uit te klok as die stipuleerde tyd, toegelaat.
Ons was Vrydagoggend by Shangrila om seker te maak dat alles in orde is voor julle sou arriveer om 13:00. Die TV en DStv het toe gewerk. Om 18:00 Vrydagmiddag was ons in kennis gestel dat die DStv nie meer werk nie. Ons het dadelik vir DStv geskakel en hulle het genoem dat die probleem moes kom toe daar aan die drade verstel was Vrydagmiddag, soos jy vir my genoem het per telefoniese oproep. Ek het Vrydagaand om 20:00 vir jou 'n boodskap gestuur om te bevestig of die DStv werk, maar het ongelukkig geen terugvoering ontvang nie. Ons was weer Saterdagmiddag om 12:00 in kennis gestel dat die DStv steeds nie werk nie. Ons het 4 tegnikuste geskakel maar ongelukkig was almal vol oor die langnaweek.
'n Bespreking vir 5 gaste is gemaak, maar ons het steeds al die beddens vir 8 mense reg gemaak in die huis, sodat julle kon kies waar julle graag wou slaap. Die woonstel, die vyfde kamer in die nuwe deel van huis, word nie apart verhuur nie, en was wel gesluit tydens julle in-klok tyd. Daar was aan ons genoem dat die derdde badkamer vir jou belangrik is en ons het dadelik vir jou toegang gegee tot hierdie kamer en badkamer waar die derde badkamer tot jul beskikking was.
In verband met die motorhuis - Daar is 'n klein bankie in motorhuis, dus laat net klein karre toe om ook daarbinne te parkeer. Ons is vreeslik jammer vir die ongerief hiervan, ek het aangebied om dit vir julle te kom skuif, maar jy het wel vir ons laat weet dat dit geen probleem is en dat jou kinders dit vinnig sal skuif sodat julle die motorhuis kan gebruik. Vir die ongerief, het ons aangebied dat julle om 15:00 eers hoef uit te klok in plaas van 10:00 omdat hierdie ook een van jul behoeftes was.
Groete,
Shangrila
Hanno D - Mrt 2017
Gemiddeld
Ons het baie lekker gebly. Die huis is goed geleë en het worderlike uitsig vanaf hoofslaapkamer, leefarea en stoep. Kan dit hoogs aanbeveel.
Shangrila's terugvoer
Hallo Hanno
So baie dankie vir die terugvoering! Ons sien uit om julle weer te verwelkom in die toekoms!
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Upper Road, Yzterfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom