Shanka Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shanka Villa bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike drieslaapkamerhuis in Houtbaai. Dié Kaaps-Hollandse huis is net sowat 10 minute vanaf die strand en Constantia se wingerde. Gaste wat op soek is na 'n rustige omgewing en pragtige uitsigte op die berg kom klop gereeld by ons aan.

Shanka Villa het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers, en daar is 2 badkamers, 1 gaste-toilet, en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed, en daar is 2 enkelbeddens in die derde kamer. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n wasmasjien. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, en 'n iPod-koppelstasie in die gerieflike sitkamer. En 'n bababedjie is beskikbaar op versoek.

Die villa het 'n lekker swembad en al wat tussen gaste en Kaapstad Internasionale Lughawe en die middestad staan, is sowat 30 minute agter die stuur. Chapman's Peak-rylaan is 10 minute van hier af en Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin is 15 minute se ry.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shanka Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false