Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shelanti Game Reserve

Wildsplaas

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 5 resensies vir Shelanti Game Reserve
Netheid
4.4/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5
Neels V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Neels V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gekuier, baie vriendelik ontvang en heerlik geëet in restaurant.

Ons het versoek dat ons verblyf geskuif moet word na die hoofkamp om sodoende naby die restaurant te wees en was baie aangenaam verras met die chalet, die pragtige restaurant en die gehalte en manier waarop ons etes voorberei en bedien is.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Shelanti Game Reserve se terugvoer

Goeie more Meneer.

Ons is bly julle het dit geniet, en dit was vir ons net so lekker gewees om julle hier te kon he, en ons hoop ons sien mekaar gou weer.

Vriendelike groete

Shelanti Game Reserve
Anika V - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Anika V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooi maar sal nie weer gaan nie.

Dis ‘n bitter mooi plek in die hartjie van die bos. Hulle kombuis en skoonmaak-personneel saam met hulle studente is uitstekend. Die hartseer kom in dat hulle onder andere sê daar is ‘n Jacuzzi maar daar word nie gesê dis slegs deel van die spa nie. Personeel se reëlings stem nie ooreen nie. En die algemene goed kom voor as te veel moeite. As jy in die tente bly dan het jy geen yskas en geen braai-area nie, so al sou jy self wou kos maak is dit nie 'n opsie nie want ook nie vir jou aangedui word nie. Dit voel van die kantoor mense se kant dat as jy nie elke dag groot geld spandeer nie, is jy nie veel vir hulle nie. En alles word heeltyd uitgestel a.g.v wildvang ens. Baie mooi plek, vriendelike studente, skoonmaak en kombuispersoneel. Maar vir die geld wat mens spandeer verwag mens dieselfde moeite van die ander personeel ook. Sal nie sommer weer terugkom nie. Die kantoormense se organisasie is ook pateties. Jy kan nie jou huisie kies nie, dit word sommer net gegee. En as jy weet dinge soos ‘n wildjag of -skuif moet gebeur, moet dan nie laat mense hier kom vakansie hou nie en moet ook dan nie goed soos 'n wildrit aanbied en heeltyd skuif nie. Probleme by jou huisie word aangemeld en dit word nie herstel nie, daar word ook nie opgevolg om te hoor of alles reg is nie. En om in en uit te kom moet mens die kantoor bel. Maar daar is amper nooit syn by die hek nie. Daar is hek klokkies, maar dit werk nie.

  Nuttig  (2)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Shelanti Game Reserve se terugvoer

Goeiemore Anika, vertrou dat dit goed gaan. Ons is regtig jammer om te hoor dat julle verblyf by Shelanti nie aangenaam was nie. Die jacuzzi is nie net deel van die spa nie, teen n addisionele bedrag kon julle gebruik gemaak het van die jacuzzi. Julle het julle eie verblyf gekies en daar word gestipuleer wat die beskikbaarheid is, as julle wou skuif sou ons dit met graagte vir julle gedoen het. Daar is aan julle verduidelik hoekom die wildsrit uitgestel is en ons was ongelukkig besig met wild skuif en die weer het ook nie lekker saam gespeel vir die wildsrit nie. Vir veiligheid word die hek klokkie al vir jare nie gebruik daarom moet die kantoor gebel word sodat ons die hek kan oopmaak omdat dit met 'n kamera gemonitor word om te sien wie inkom, soos julle self gesien het dit is 2.5km vanaf die kantoor af. Ons vra onverskoning vir die slegte diens en sal dringend daaraan aandag gee.
Vriendelike groete

Shelanti Game Reserve
Louis V - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Skitterend.

Uitstekende verblyf. Personeel is skitterend.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vernette D - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Vernette D
Gesin met klein kinders

Wegbreek na 'n lang grendeltyd.

Ons was baie opgewonde oor ons wegbreek naby aan ons huis maar tog ver in die natuur. Ons het lank gesoek na n plek waar ons op 'n wildrit kan gaan waar daar olifante ens is. Met ons arrivering is ons verwittig dat hulle 'short staff' is en ons nie gaan kan help met 'n wildsrit nie, die lodge is ook nie oop vir selfry ritte nie. Baie teleurgesteld, juis oor dit die primêre invloed op ons keuse was om by Shelanti in te boek. Die aand met ete, was daar nie die regte hoeveelheid eetgerei nie, asook geen water. Die waterprobleem het die persoon op bystand vinnig uitgesorteer. Ons verstaan volkome dat die pandemie dinge moeilik maak, maar dan moet gaste vooraf verwittig word.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Callie H - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Callie H
Saam met vriende

Ons was aangenaam verras - dit het alle verwagtinge oortref.

Ons as groep vriende (met motorfietse) toer baie, en was aangenaam verras met Shelanti. Vir seker een van die beste plekke waar ons nog ooit gebly het. Die akkommodasie was uitstekend, netjies, mooi, maar nie oordrewe sodat mens ongemaklik voel nie. Die personeel is uiters behulpsaam en vriendelik en niks was te veel moeite nie. Die plaas is baie mooi en daar is volop wild, en ons het die rit na die jaghuisie en terug, terdeë geniet. Hier was absoluut geen rede om enigsins te kla nie! Baie dankie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 196 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baltimore-weg, Marken, 0605, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjOfESH4uLHkObPRrxy70yRO8ZSa20b1h8IETGXZuhJyoc3iUec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Baltimor Road Marken 0605 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -23.496957066559 28.429658743785