Shell Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shell Cottages bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 opgeknapte woonstelle aan die einde van Kabeljoustraat, waar trappies lei na Witsand se strand. Dit was oorspronklik 'n vissershuisie, gebou met die plaaslike sandsteen en bied steeds daardie ouwêreldse bekoring. Daar is 'n tussendeur tussen die 2 woonstelle. Dus kan dit as 2 aparte eenhede verhuur word of as 'n geheel vir 'n groot groep. Parkeerplek vir 5 voertuie is op die perseel beskikbaar.

Triton is die groter woonstel en beskik oor 3 slaapkamers, waarvan 1 'n en suite-badkamer het, en 'n ruim badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n bad. Die leefarea het 'n oopplan-uitleg met 'n eethoekie en bied toegang tot 'n sitarea waar gaste die vlieërbranderryers op die Breederivier kan dophou. Buite is daar 'n groot boma met 'n braai-area en 'n uitsig oor die sonsondergang.

Urchin is 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n ekstra enkelbed in die sitkamer. Die woonstel is ideaal vir 'n paartjie met 'n kind. Daar is ook 'n leefarea en 'n eetarea met 'n volledige kombuis. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die woonstel het 'n privaat ingang en 'n braai-area vir gaste om te benut.

Witsand is 'n kusdorpie by die mond van die Breederivier. Daar is verskeie doendinge in die area soos bootvaarte, visvang, walviskyk binne seisoen, 4x4-roetes en voetslaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shell Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R475 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false