Shelly Sands 16

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shelly Sands 16 is ’n selfsorgwoonstel in ’n veilige kompleks in Shelly Beach, Margate. Die kompleks spog met direkte toegang tot die strand, en is om die hoek van Shelly Centre.

Dié duplekswoonstel het 2 verdiepings en bied slaapplek aan 8 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 1 badkamer en ’n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is op die boonste vlak en het ’n dubbelbed en ’n balkon met ’n lieflike uitsig oor die see en die area. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders. Die badkamer het ’n bad en aparte stort.

Die kombuis is onder en is toegerus met basiese kookgerei en ’n skottelgoedwasser. Die sitarea langsaan het ’n TV met DStv, so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk nie hier nie. Die leefarea lei na ’n stoep.

Neem asb. kennis dat partytjies, geraas, harde musiek en ekstra gaste nie toegelaat word nie.

Die kompleks spog met ’n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en onderdakparkeerplek. Dit is naby verskeie restaurante en ’n prentjiemooi rit vanaf ander geriewe in dié deel van die Suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by Shelly Sands 16 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shelly Sands 16 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R847 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za