Shikwari Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shikwari Game Reserve bied 2 verblyftipes in 2 kampe op 'n 200 ha-perseel naby die Krugerwildtuin en die Panorama. Die wildreservaat is onder die platorand. Geniet majestueuse uitsigte op die berge, die rustige atmosfeer van die bosveld, of ontspan op die lodge se stoep by die swembad. Daar is vriendelike diens en heerlike kos. Die reservaat word deur die eienaars bestuur wat passievol is om vir die gaste die beste ervaring te gee.

Shikwari bied 'n gelisensieerde kroeg, leefarea en eetkamer. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 6 luukse grasdaksuites wat in natuurlike bos skuil en stylvol gemeubileerd is, asook 'n keuse tussen beddens met perkallinne. Elke suite bied verblyf aan 2 volwassenes, het 'n privaat badkamer en buitelug stort, sitarea en 'n klein patio. Daar is 'n skinkbord met varsgemaalde koffie, dompelpot, verskeie tees en tuisgemaakte koekies, asook 'n yskassie. Die yskassie kan met voorraad voorsien word wat op die gaste se rekening kom. By dié kamp is verblyf, aandete en ontbyt ingesluit.

Pangolin Rondavels is 'n sakpas-opsie. Daar is 4 tradisionele grasdak-rondavels. 2 rondavels met 'n buitelug badkamer met 'n stort, beskutte toilet en wasbak. Die ander 2 rondavels deel 'n badkamer met 'n bad, wasbak, toilet en buitelugstort. Alle beddens het luukse perkallinne en handdoeke word voorsien. Meeste rondavels bied 'n keuse tussen beddens, al die kamers het kaste, sitplek en skinkborde. Gratis WiFi is by die Shikwari Suites Camp beskikbaar. Dit is die ideale opsies vir 'n groep vriende of 'n gesin. Ontbyt word soggens by die hooflodge bedien en gaste kan saans in die boma braai, vooraf die Shikwari-aandete bespreek, of by een van Hoedspruit se restaurante gaan eet.

Wildritte en voetlaanroetes word onder toesig aangebied deur 'n FGASA-gids by die lodge en met 'n oop-wildkykvoertuig na die Krugerwildtuin. Die reservaat is ook naby verskeie doendinge soos die Panorama.

Gaste in beide kampe kan maaltye by die Shikwari Suites kry. Maaltye wat ingesluit word is óf ontbyt en aandete óf B&B. Gaste kan ook driegang-maaltye en volle kontinentale buffet en Engelse ontbyt geniet. Die disse is 'n viering van Suid-Afrika en die verskillende kulture. Die maaltye word buitelug op die dek bedien.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shikwari Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za