Wildernis Akkommodasie by Shining Waters Guesthouse | LekkeSlaap
+37
+37

Shining Waters Guesthouse

B&B
  • Vanaf R988 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6de Laan 859, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13

Beskrywing

Shining Waters Guesthouse is 'n lieflike 4-ster-gastehuis met 'n uitsig oor die strand en Flat Rock in Wildernis. Rook is verbode by die gastehuis.

Dié gastehuis het 4 lieflike kamers: 'n Standaard-dubbelkamer, Deluxe-kamers, en 'n Deluxe-suite. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en/of stort, 'n TV met DStv en WiFi, en koffie- en teemaakgeriewe. Die Deluxe-suite het 'n privaat balkon met sonstoele. Al die kamers word daagliks skoongemaak.

'n Volledige ontbyt word soggens voorgesit in die ontbytkamer of op die sondek indien die weer dit toelaat. Die gastehuis het ook 'n privaat sitkamer met koffie- en teemaakgeriewe, 'n studeerhoekie, oefentoerusting, en veilige parkeerplek op die perseel.

Shining Waters Guesthouse is net 7 minute van Wildernis en 'n klein entjie se ry van die strand af. Doendinge in die omgewing: valskermsweef, abseiling, perdry, fietsry, kanovaarte, gholf, heelwat ander sportsoorte, en voëlkyk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Shining Waters Guesthouse
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 6de Laan 859, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shining Waters Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R988
per nag (plek vir 2)
Vanaf R988
per nag (plek vir 2)
Vanaf R988
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6de Laan 859, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk3NTdlMWY4LTY4ZDEtNDY4Mi05NzZmLTM2NDI2ODQzNjljZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R988  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 859 6th Avenue Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.0000748 22.6185997
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za