Ships Bell 13A

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ships Bell 13A is 'n smaakvol gemeubileerde dakwoonstel in die Port St Francis-landgoed met 'n balkon wat oor die hawe uitkyk. Die dakwoonstel is gerieflik geleë, stapafstand vanaf verskeie restaurante.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank en is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n wasmasjien. Die leefarea beskik oor 'n klein etenstafel en 'n knus sitkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale. Die balkon is via die hoofslaapkamer en die leefarea bereikbaar. Die groot vensters en die balkon skep die ideale geleentheid vir gaste om die uitsig oor Port St Francis se hawe te geniet. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en doendinge in die omgewing sluit visvang en bootvaarte op die kanaal in. Die woonstel is ideaal vir 'n naweekwegbreek of 'n langer vakansie.

Slaapplek

'n Bespreking by Ships Bell 13A sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ships Bell 13A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false