Shore Break

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shore Break is 'n ruim vakansiehuis in Long Beach, Kommetjie. Dis op die sandduine, net agter een van Kaapstad se beste strande vir branderplankry, geleë. Daar is ook 'n ikoniese uitsig oor Long Beach in die rigting van Chapman's Peak en die agterkant van Tafelberg.

Dié huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar. Daar is 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bidet, toilet en 'n wasbak. Dié kamer het ook toegang tot 'n balkon met sonstoele en 'n uitsig oor die see. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die see. Die vyfde slaapkamer is 'n kinderkamer met 2 enkelbeddens. Die vierde en vyfde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n stort, bad, bidet, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoeltjies. 'n Waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en strykplank is beskikbaar. Die eetkamer het sitplek vir 8 en die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n kaggel. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv in die leefarea.

Die leefarea lei na 'n groot, onderdak-kuierdek met 'n ingeboude gasbraai, etenstafel vir 10 gaste en 'n soutwaterswembad. Die eiendom het direkte toegang tot die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by Shore Break sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shore Break gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 600 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false