Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Siesta Guest House

Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 22 resensies vir Siesta Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5
Ninell R - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Ninell R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooi akkommodasie, maar nie vir die hartjie van die winter nie!

Die akkommodasie is mooi en baie netjies. Vriendelike personeel. Ons het egter oorgebly op 'n bitter koue naweek en dit was glad nie ingerig vir die koue saam met loadshedding nie - geen gasverwarmer of kaggelvuur om bietjie atmosfeer te skep nie. 'n Skerp teenstelling met ons ander akkommodasie vir die naweek wat baie moeite gedoen het om ons warm en gesellig in te rig ten spyte van Eskom. Aandete was smaaklike boerekos, lekker bederf vir stedelinge.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir jou eerlike terugvoer. Ek wil net graag verduidelik hoekom daar nie kaggelvuur of gasverwarmers in die kamers is nie. My eenhede is grasdakeenhede, en is dit baie riskant om van bogenoemde gebruik te maak. Ek het wel paneelverwarmers in elke eenheid asook elektriese komberse en winterslakens op die beddens. Daar is ook voorsiening gemaak om tydens beurtkrag te alle tye ligte, TV, Tee en Koffie fasiliteit asook 'n 12 volt kragpunt om skootrekenaars en selfone te laai, geinstalleer vir die kliënte se gerief. Ek het die spesifieke aand spesiaal moeite gedoen om 'n ekstra verwarmer vir julle in die kamer te plaas. Ek is vreeslik jammer as dit alles nie goed genoeg was nie. Partykeer is dit moeilik om almal 100 persent gelukkig te hou. Vriendelike groete, Surina

Siesta Guest House
Yvonne R - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yvonne R
Enkelreisiger

Uitstekend, skoon en netjies.

Was 'n aangename verrassing om die leeus te kon sien, en net 'n kliogooi van my kamer af.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer, dit beteken vir ons so baie.
Ons hoop om u weer in die toekoms hier te ontvang.
Vriendelike groete
Surina

Siesta Guest House
Sanet P - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sanet P
Gesin met klein kinders

Ons het baie lekker gekuier en geëet!

Pragtige omgewing. Belewenis met die leeus. Surina het 'n warm persoonlikheid en het ons dadelik laat tuis voel. Die boerekos is uit die boonste rakke. Kan met alle eerlikheid sê ons het heerlik geëet! Ons sal Frankfort onthou as koud, mistig, pragtige omgewing, vriendelike mense en lekkerkry-boerekos!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer, ek waardeer dit baie. Hoop om julle weer in die verre toekoms hier te ontvang.
Vriendelike groete
Surina

Siesta Guest House
Relda M - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Relda M
Saam met vriende

Pragtige blyplek. Uitstekende diens. Baie netjies en skoon. Sal definitief weer by Siesta oorbly.

Surina en haar span baie vriendelik en behulpsaam. Gaan uit hulle pad om ons so gerieflik as moontlik te maak. Baie mooi en skoon. Uitstekende diens. Heerlike ontbyt.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ons waardeer dit opreg. Vriendelike groete,
Surina(Eienaar)

Siesta Guest House
Chantell B - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantell B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlike ervaring.

Pragtige gastehuis, vriendelike gasvrou, heerlike kos!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Elke kliënt is vir ons ewe belangrik en is dit vir ons 'n voorreg om vir julle tot diens te wees. Hoop om julle in die toekoms weer te sien. Groete,
Surina

Siesta Guest House
Zelda E - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zelda E
Gesin met tieners

Absoluut heerlik.

Lekkerste aandete wat ek nóg by 'n gastehuis gehad het, ontbyt was ook heerlik. Die leeus was 'n belewenis. Groot en gemaklike bed.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die moeite om 'n boodskap te stuur. Dit word uit ons hart uit waardeer. Hoop om u weer in die toekoms hier te ontvang. Groete,
Surina

Siesta Guest House
Hendrik W - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hendrik W
Gesin met tieners

Heerlike gekuier met my gesin by Siesta.

Siesta is pragtige gastehuis met die mooiste kamers en grasperke. Die eienaar Surina is vreeslik hulpvaardig en net plesier om mee te deel. Om in oggende met brul van leeus wakker te word is besonders en voel asof jy in wildtuin is.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer, ons waardeer dit baie.
Hoop om u weer in die toekoms hier te ontvang.
Groete
Surina

Siesta Guest House
Nicole E - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicole E
Gesin met klein kinders

Beautiful.

The lions were a surprise and beautiful.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Thank you so much for your positive review.
I really appreciate it from the bottom of my heart.
Hope to see you again in the near future.
Kind regards
Surina

Siesta Guest House
Hendrik V - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik V

Asemrowend.

Ongelooflike mooi plek waar die leeus jou wakker brul in die oggend met baie vriendelike en behulpsame personeel. Vars Vrystaatlug verfris jou sommer weer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer, ek waardeer.
Groete
Surina

Siesta Guest House
Joa W - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joa W
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Unieke ervaring so met die leeus in die omgewing!

Baie dankie vir julle gasvryheid. Dit was 'n spesiale ervaring! Die kamer is baie skoon en gerieflik en daar is alles wat 'n vakansieganger nodig het. Die groot ontbyt was smaaklik en die eetkamer vol atmosfeer! Dankie vir die mooi musiek wat gespeel het terwyl ons geëet het.Ons sal definitief weer hier tuisgaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Joa,
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Dit is mense soos julle wat vir ons dit die moeite werd maak om met die gasvryheidsbedryf voort te gaan. Ons poog om al ons gaste welkom te laat voel en hulle verblyf by Siesta Gastehuis 'n aangename ervaring te maak. Ons sien daarna uit om jou en jou familie gou weer hier welkom te heet.
Seënwense
Surina

Siesta Guest House
Petro R - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petro R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitmuntende verblyf.

Siesta Gastehuis se diens is van uitstaande gehalte! Hulle het uit hulle pad gegaan om aan ons behoeftes te voldoen. Ons het die pragtige kamer baie geniet en alles is baie gerieflik. Baie dankie Ina vir die ekstra moeite wat jy vir ons gedoen het; dit was baie spesiaal. Ons sal baie graag weer daar wil tuisgaan, maar verseker langer as een nag. Julle is 'n juweel in die Vrystaat.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Petro,
Dankie vir die positiewe terugvoering. Dit is vir ons 'n voorreg en 'n plesier om na ons gaste se behoeftes om te sien. Ons sien daarna uit om julle weer hier welkom te heet en te bederf.
Geseënde week vir julle.
Ina

Siesta Guest House
Chantel S - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantel S
Gesin met tieners

Baie gerieflike, groot, skoon kamers.

Ina het uit haar pad gegaan om ons behoeftes tegemoet te kom!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Chantel,
Dankie vir die positiewe terugvoering. Ons is bly julle het die verblyf hier aangenaam gevind. Ons vertrou dat julle weer hier sal tuisgaan wanneer julle in die omgewing is.
Mooi week verder.
Groete,
Ina

Siesta Guest House
Cindy V - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cindy V
Besigheidsreis

Beste plek om oor te bly!

Heerlike ontbyt, gemaklike en pragtige verblyf - bereid om ons te akkomodeer met vroeë ontbyt. Was net 'n plesier om hier oor te bly vir die 2 aande van ons konferensie. Baie dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer, dit word opreg waardeer.
Hoop om julle weer in die verre toekoms hier te ontvang en te bederf.
Vriendelike groete
Surina Pretorius

Siesta Guest House
Michael E - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael E
Besigheidsreis

Puik.

Puik bestemming. Ons het laat ingeboek soos gereël sonder enige probleme. Diens en kos uitstaande.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Michael. Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ons streef daarna om na ons gaste se behoeftes om te sien en hulle verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Dit sal vir ons 'n voorreg wees om julle weer hier welkom te heet. Groete Ina

Siesta Guest House
Geraldine R - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Geraldine R
Saam met vriende

Baie rustig en mooi.

Mev. Ina uitstekende ga vryheid! Hoogs aanbeveelbaar.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Geraldine,

Dit was 'n voorreg en plesier om julle groep hier te akkommodeer. Ons sien uit daarna om julle gou weer hier welkom te heet.

Mooi naweek vir julle.

Groete,
Ina

Siesta Guest House
Marius D - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker, sal ernstig aanbeveel!

Het dit baie geniet by die gastehuis. almal baie hulpvaardig en die gastehuis was baie netjies en skoon. Personeel vriendelik en baie hulpvaardig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Marius,

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Dit beteken vir ons as personeel by Siesta Gastehuis so baie. Sal julle baie graag in die toekoms weer wil bederf.

'n Geseënde Kerstyd en voorspoedige nuwe jaar word aan julle as gesin toegewens.

Vriendelike groete,
Surina - Siesta Gastehuis

Siesta Guest House
Hennie S - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hennie S
Enkelreisiger

Baie lekker in 'n rustige atmosfeer.

Sal graag langer daar wil bly om die ervaring van die omgewing meer te geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie Hennie vir die positiewe terugvoer - ek waardeer dit so baie.

Hoop om jou weer op 'n volgende geleentheid hier te kan bederf

Vriendelike groete
Surina
Siesta Gastehuis

Siesta Guest House
Dave D - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dave D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlik.

DIe kos was baie, baie lekker, nogmals dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Dave,

Baie dankie vir die terugvoer, dit word baie waardeer. Hoop om julle weer in die toekoms te sien.

Vriendelike groete,
Surina - Siesta Gastehuis

Siesta Guest House
Karin P - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Karin P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam.

Ons verblyf het voldoen aan al ons vereistes. Rustigheid, netheid en gemak. Personeel was vriendelik en hulpvaardig en het uit hulle pad gegaan om ons welkom te laat voel. Baie dankie Siesta!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Beste Karin,

Baie dankie vir die moeite wat julle gedoen het om 'n resensie in te dien, dit beteken vir ons as personeel by Siesta Gastehuis regtig baie. Dit was vir ons baie aangenaam om julle te kon ontmoet.

Hoop om julle weer in die toekoms hier te kan huisves.

Vriendelike groete,
Surina - Siesta Gastehuis

Siesta Guest House
Elize T - Nov 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize T
Gesin met klein kinders

Pragtig, maar nie goed genoeg voorbereid om gaste te ontvang nie.

Die gasvrou was nie daar met ons aankoms nie en is ons eers na 'n verkeerde eenheid geneem. Toe ons by die regte eenheid kom was die matte gewas en tot en met ons vertrek die volgende dag was die matte steeds nat. Dit laat mens nie vreeslik welkom voel nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Ek is regtig baie jammer om te hoor van julle ongelukkigheid. Ons leuse by Siesta is werklik om ons kliënte so gelukkig as moontlik te hou. Ons was op 'n gereelde basis die matte aangesien skoon kamers ook hoog op ons prioriteitslys is. Ons sal graag wil vergoed hiervoor.

Siesta Guest House
Wilma V - Apr 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilma V

Warm en wonderlike verblyf ondervinding.

Ons tweede besoek was, soos die eerste, 'n wonderlike ervaring. Vanaf die warm ontvangs, die aanwys van ons kamers tot die ontbyt die volgende oggend, was een belewenis. Die gebrul van die leeus in die nag is net 'n ervaring wat nie in woorde beskryf kan word nie. Die rondawels is skoon en huislik gemeubileer. Dit was voorwaar heerlik om oor te bly. Dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Siesta Guest House se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer wat ons van julle af ontvang het.
Dit word baie waardeer.
Hoop om julle weer in die toekoms hier by Siesta te ontvang as gaste wat ons kan bederf.

Siesta Guest House
Johan D - Apr 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan D

Beslis fantasties met wonderlike personeel wat geen moeite ontsien nie.

Pragtig, vriendelik en behulpsaam. Die verblyf was skoon en daar was geen tekort aan drinkgoed nie. Die voedsel-voorbereiding was baie smaaklik en jy kan selfs lewendige leeus sien en hoor deur die nag (ongelukkig is daar 'n leeu-reuk wat steurend kan wees.)

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 794
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 794
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 794
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Merrydale Plaas, Reitz-straat R26, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyZjJmZTM1LTYyNjQtNDRjNC1hODIyLWU3MWQyZTI0MDJmMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 794 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Farm Merrydale R 26 Reitz Road 9830 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.359594 28.490797