Silversand's Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Silversand's Lodge bied verblyf in 2 private kamers wat ideaal is vir oornagverblyf of langer verblyf as 'n basis om die area te verken in Silversand-strand, Bettiesbaai

Die eenheid bied verhit- en eetgeriewe, soos 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is geen ander kookgeriewe nie. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike sitarea, voorstoep, die dek aan die agterkant en die tuin. Parkeerplek is op die perseel binne die ommuurde tuin agter 'n hek. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die Klassieke Kamer is smaakvol versien en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, badhanddoeke, haardroër, sjampoe en seep. Die bed het 'n elektriese kombers vir die koue winteraande, 'n waaier en 'n verwarmer. Die kamer het onbeperkte WiFi en 'n TV met OVHD-kanale. Neem asb. kennis dat die en suite-badkamer nie 'n deur het nie.

Die Klassieke Kamer is in die hoofhuis, maar is steeds privaat en het sy eie sitarea net buite die kamer wat 'n yskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n tafel en stoele het.

Die Tuin chalet is apart van die huis en is baie privaat. Die kamer is gesellig en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, bad, handdoeke, haardroër, sjampoe en seep. Die bed het 'n elektriese kombers vir die koue winteraande, 'n waaier en 'n verwarmer. Die kamer het onbeperkte WiFi en 'n TV met OVHD-kanale. Neem asb. kennis dat die en suite-badkamer nie 'n deur het nie. Neem asb. kennis dat die en suite-badkamer nie 'n deur het nie.

Die verblyf is 'n kort stappie vanaf die strand, sandduine, en Brodies' Link Natuurreservaat, 'n 94 hektaar-reservaat van die Kogelberg Biosfeer met die kus verbind. Gaste kan ook die Seeplaas besoek wat deel vorm van die reservaat. Die Stony Point Pikkewynkolonie en die Harold Porter Botaniese Tuine is net 'n entjie se ry ver en die tuine bied mooi staproetes. Ervare stappers kan een van die Kogelbergreservaat se staproetes aandurf wat diep in die berge of langs die rivier is.

Gordonsbaai is 30 min se ry op die R44. Hermanus is net 35 min se ry weg en bied 'n verskeidenheid wynplase.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Silversand's Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R490 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false