Silvervane Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Silvervane Guest House bied gerieflike verblyf in 'n rustige woonbuurt net buite Vryburg se middedorp en net 'n paar blokke van Vryburg se hoofstraat af.

Die verblyf word aangebied in 17 dubbelkamers met lugversorging, privaat ingange en toegang tot parkeerplek op die perseel. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n werkarea in elke kamer. Die patio- en ontvangsarea is die ideale rustige plek om te lees, ontspan, skemerkelkies te geniet of vergaderings te hou. 'n Volle Engelse of Kontinentale ontbyt word op versoek bedien. 'n Tweegang-middagete en -aandete kan ook persoonlik voorberei word en op versoek aan individue of groter groepe bedien word. Die gastehuis het 24 uur-sekuriteit.

Die gastehuis is gerieflik geleë vir sakereisigers, vakansiegangers wat op soek is na oornagplek op pad na die omliggende plase, Namibië of Mafikeng. Besienswaardighede in die omgewing sluit Leon Taljaard Natuurreservaat, die Voortrekkermonument en Vryburg Museum in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Silvervane Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]