SimplyChat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dis 'n privaat selfsorgwoonstel wat slaapplek aan 3 volwassenes, of 2 volwassenes en 2 kinders bied. 'n Engelse ontbyt is op versoek beskikbaar en die plek is onlangs opgeknap. Dit is in Fountainebleau, 'n rustige voorstad van Randburg. Dié moderne gastehuis se sentrale ligging en luukse gevoel maak dit perfek vir sakereisigers en vakansiegangers.

Daar is 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n slaapbank vir 2 ekstra gaste. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Badhanddoeke en komplimentêre seep en haaropknapping-sjampoe word voorsien. Daar is ook 'n haardroër, 'n vollengte spieël, muurproppe om selfone te laai, gratis WiFi, 'n elektriese kombers en ekstra komberse vir die winter, 'n waaier vir die somer, 'n verwarmer in die winter, 'n kas en 'n ingeboude kluis.

Die kombuisie is toegerus vir basiese selfsorg en sluit koffie, tee, suiker, melk, 'n elektriese ketel, 'n mikrogolfoond, eetgerei, breekware, kombuistoebehore, 'n yskas-vrieskas, 'n dubbelwasbak, en lappies en vadoeke in. 'n Stofie kan ook op aanvraag voorsien word. Ontbyt word soggens in die suites bedien. Ná 'n lang dag kan gaste voor die TV ontspan of buite op die patio sit waar daar 'n tafel en stoele is. Veillige parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar. Gaste kan ook Netflix by ons geniet.

Die woonstel is lekker naby winkelsentrums, hospitale en restaurante geleë. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is net 40 minute hiervandaan.

Slaapplek

'n Bespreking by SimplyChat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SimplyChat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 545 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false