Sisibala Game Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sisibala Game Reserve Lodge & Spa bied die ideale gesinsvakansie met 'n wild-ervaring wat gaste altyd sal onthou. Sisibala Game reserve is in die Kalahari geleë en bied dus asemrowende sonsondergange agter die berg. Staproetes laat besoekers toe om die harmonie met die natuur te ervaar. Sisibala Spa verseker dat gaste huiswaarts sal keer, verfris en uitgerus. Die vriendelike personeel by Sisibala Game Reserve is reg om gaste se verblyf so gerieflik en onvergeetlik moontlik te maak.

Die chalets is ingerig met sekere DStv-kanale, lugversorging, mikrogolfoonde, eetgerei, yskassies en ketels en hulle het hul eie privaat buite-storte en braai-areas. Linne en handdoeke word voorsien en is net vir binne gebruik. Daar is nie kombuise in die chalets nie, maar daar is 'n wasbak buite om skottelgoed in te was.

Die spa het 'n Jacuzzi en stoomstort en gaste kan gerus 'n spabehandeling neem om lekker te ontspan. Die lodge het 'n volle gelisensieerde kroeg op die perseel met 'n kaggel en 'n TV. Gaste kan ook skemerkelkies op die berg, met grasdak en houtdek, bespreek. Daar is ander geriewe soos wildritte, tafeltennis, perdry, putt-putt, 'n klimraam vir kinders, 'n verhitte binnenshuise swembad, 'n swembad buite met 'n dek en wandelroetes. Geniet 'n potjie pool of 'n boma-vuur in die aande van 7 uur af. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Daar is 3 konferensiefasiliteite om van te kies, die lodge maak voorsiening vir spanbou-aktiwiteite, konferensies, jaareindfunksies, verlowingspartytjies, troues, familie-saamtrekke en verskeie partytjies vir groepe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sisibala Game Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 850 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false