Sixty On Empire

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sixty on Empire is 'n selfsorgkothuis op die eienaar se perseel in Houtbaai. Die woonstel is geskik vir 'n paartjie of klein gesin wat op soek is na gerieflike verblyf na aan verskeie besienswaardighede in die area.

Die kothuis het 1 slaapkamer, 1 badkamer, gratis WiFi en is volledig gemeubileer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die leefarea is oopplan en die kombuis beskik oor geriewe soos 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, eetgerei, breekware en 'n paar ingeboude kaste.

Die sitkamer het gerieflike sitplek en 'n dubbelslaapbank asook 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die kothuis het ook 'n privaat vermaak-area met braaigeriewe en gaste het toegang tot die swembad. Daar is parkeerplek beskikbaar vir 1 voertuig en die perseel het 'n sekuriteitstelsel.

Sixty On Empire is stapafstand van die strand, winkels en wegneemete-plekke asook die hawe en openbare vervoer af. Ons is ook net 'n kort motorrit weg van verskeie voetslaanpaaie, 'n gholfbaan en ander besienswaardighede.

Slaapplek

'n Bespreking by Sixty On Empire sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sixty On Empire gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 590 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false