Skaapwagtersrus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Skaapwagtersrus is langs die R62, 5 km buite Barrydale en het slaapplek vir 2 gaste.

Dié kothuis is op ‘n koppie en bied ‘n uitsig oor die olyfboorde, Langeberge en buurplase. Dit beskik oor ‘n kamer met ‘n dubbelbed en ‘n badkamer met sonkrag, ‘n spoeltoilet en ‘n stort. Warm water word via gas of die sonverhitte geiser voorsien.

Die kombuis is toegerus met ‘n tweeplaat-gasstoof, houtstoof, gas-yskas, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n etenstafel. In die winter word die houtstoof gebruik.

Let asb. daarop dat die kothuis nie elektrisiteit het nie en lig word deur kerse, paraffienlampe en gas voorsien. Braaigeriewe is beskikbaar en hout kan op die plaas gekoop word. Troeteldiere word toegelaat, mits vooraf gereël.

Volgens plaaslike inwoners was dié kothuis deur skaap- en bokwagters gebruik en dis ongeveer 100 jaar oud. Gaste kan op die plaas wandel en daar is ‘n oorvloed voëls en plante op die plaas.

Slaapplek

'n Bespreking by Skaapwagtersrus sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Skaapwagtersrus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false