LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Skimmelberg Getaway | LekkeSlaap
+13

Skimmelberg Getaway

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skimmelberg, Witelskloof, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 950 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Skimmelberg Getaway is 'n opgeknapte selfsorgplaashuis wat in 1990 opgerig is. Die huis is op 'n werkende rooibos-, boegoe- en sitrusplaas tussen Citrusdal en Clanwilliam geleë. Dit is 'n wonderlike wegbreekplek vir 'n gesin of groep vriende, maar dis ook net so geskik vir 'n paartjie. Dis net 200 km van Kaapstad af op die N7 geleë.

Hierdie karaktervolle ou huisie bied slaapplek vir tot 8 gaste en dis die ideale plek om te ontspan, jou batterye te herlaai en die prag en rustigheid van die natuurlike omgewing en Sederberg-area te geniet.

Die huis het 4 dubbelkamers. Een van die kamers het 'n en suite-badkamers en die ander 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n aparte. Die oopplan-leefarea het gerieflike sitplek en 'n TV met DStv, asook 'n etenstafel met sitplek vir 8. Daar is ook 'n goed toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kamers beskik almal oor verwarmers en linne en handdoeke word voorsien. Die huis het 'n kaggel binne en braaigeriewe buite. Vuurmaakhout is op die plaas te koop. Daar is kredietkaartgeriewe op die perseel.

In die plaaskantoor het ons 'n winkel met 'n verskeidenheid tee-soorte en ditjies-en-datjies waarin jy kan kom rondsnuffel. Hier kan jy lekker gaan stap, gaan swem in die plaasdam, voëlkyk, rotstekeninge gaan kyk of gaan wandel al langs die skilderagtige plaaspaadjies. Die plaas self en die omliggende area is gewild onder rotsklimmers, hengelaars en bergfiets-entoesiaste. Die endemiese Kaapse fynbos en die verskeie wild- en voëlspesies dra by tot die natuurlike, ongerepte gevoel van Skimmelberg Natuurreservaat. Buchu- en Rooibostoere is ook beskikbaar teen afslag. Gaste moet vooraf bespreek.

Die plaas is naby aan die hoofroete op pad na die Sederberg Wildernisarea met sy verskeie besienswaardighede. Jou gasheer en -vrou het 'n breë kennis van die area en hulle sal enige tyd voorstelle maak vir daguitstappies. Let wel dat die verblyf op 'n plaas is en die naaste winkels is sowat 35 km weg. Gaste moet al hulle kos en drankies koop voor hulle arriveer. Die dorpie, Clanwilliam, is 35 km verder geleë en daar kan jy goeie restaurante, 'n kunsgalery, interessante winkels en historiese besienswaardighede aantref.

Slaapplek

’n Bespreking by Skimmelberg Getaway sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Skimmelberg Getaway
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Skimmelberg, Witelskloof, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Skimmelberg Getaway het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 950
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 950
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skimmelberg, Witelskloof, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfg5Am77t9uJ0esiAzpERAb2PytmrjODRLUtuodGggZjnx4vDFO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 950  per nag (vir 8 persone) 3 5 1 5 Skimmelberg Witelskloof 8135 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -32.33940525925 18.79939138882
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!