Port Owen Akkommodasie by Skuiling | LekkeSlaap
+6

Skuiling

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-rylaan 10, Port Owen , Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R580 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Skuiling is in die kusdorpie Port Owen aan die Weskus geleë. Dit is 800 m vanaf die marina, sowat 1 km vanaf die Spar en 2 km vanaf die see. Skuiling is sentraal in 'n stil omgewing geleë en dis lekker vir stap. Verskeie kusdorpies is minder as 45 km hiervandaan. Die see en die Bergrivier is 'n groot trekpleister vir visvang, swem, bootritte en meer.

Dié oopplan-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste op 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Handdoeke, linne en haardroër word voorsien. Linne en handdoeke sal na 7 nagte vervang word indien gaste langer kuier. Geen skoonmaakdienste is tydens verblyf beskikbaar nie en gaste is verantwoordelik vir die skoonmaak van die eenheid.

Die kombuisarea is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en die nodige kombuistoebehore. Maar daar is nie 'n kombuis nie. 'n TV en 'n DVD-speler is beskikbaar. Die eenheid is aan die huis gekoppel en daar is 'n privaat ingang. Daar is 'n braai-area en 'n wasbak by die braai. Onderdakparkeerplek is beskikbaar maar daar is nie n hek nie. Die eenheid het boorgatwater.

Geen kinders jonger as 16 jaar word toegelaat nie. Die eenheid is ongelukkig nie rolstoel- of troeteldiervriendelik nie.

Daar is tientalle doendinge in die omgewing soos swem, visvang, bootry, voëlkyk en voetslaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Skuiling sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Skuiling
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Elizabeth-rylaan 10, Port Owen , Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Skuiling het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R580
per nag (plek vir 2)
Vanaf R580
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-rylaan 10, Port Owen , Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb88d67ec7b7ecc8c55f7a4d89df02d268429c2a80c5d6cd9720fd261dcc40646eb0e279455a003cd6cf3c40a54c665165484?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 10 Elizabeth Drive Port Owen 7365 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -32.782329398248 18.153901398182
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za