Skylink Holiday Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Skylink Holiday Accommodation is 'n hipermoderne selfsorg-vakansiehuis in 'n stil deel van Oos-Londen. Dit is slegs 25 minute van die Oos-Londen Lughawe af en is sentraal tot 'n winkelsentrum en plaaslike restaurante. Kosbaar!

Die selfsorghuis het 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het DStv en lugversorging en 'n koningingrootte-bed. Die tweede hoofslaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Die derde en vierde slaapkamer het driekwartbeddens. Die huis het slaapplek vir 6 mense in totaal. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor die volgende: 'n yskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n koffiemasjien. Die leefarea het lugversorging en 'n TV met DStv en PVR wat gekoppel is aan al die kanale sodat jy jou gunsteling-programme kan opneem.

Ander geriewe by die instansie sluit in: 'n braaikamer met kaggelhout en 'n swembad. Gaste kan hul tyd bestee deur ander te onthaal, te ontspan of luilekker by die swembad te kuier. Gratis, onbeperkte WiFi is ook beskikbaar.

Die plek is in 'n rustige omgewing in Dorchester Heights geleë met al die nodige geriewe slegs 'n klipgooi ver. Ons is ook ideaal geleë indien jy rustig wil wandel en jou wil verlustig in die asemrowende uitsigte op die berge en 'n melkplaas in die omliggende omgewing. Lavender Blue-restaurant sowel as die nuwe Pine Creek-restaurant (met 'n klimraam vir kinders) is ook baie na aan ons. Die 3 SILOS is 3 km van ons af vir bergfietsry of stap in die woud. Ontspan daarna gerus in die restaurant. Nahoon-strand is slegs 8 km van die huis af en Inkwenkwezi Privaat Wildreservaat is ook net 'n kort entjie se ry van ons af. Die naaste winkelsentrum is 2 km hiervandaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Skylink Holiday Accommodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Skylink Holiday Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false