Slakkepas 61

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Slakkepas 61 is 'n selfsorghuis in 'n veilige kompleks in die kusdorpie Dwarskersbos aan die Weskus. Die sekuriteitskompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad, luukse geriewe en dis naby die strand.

Dié grasdakhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderkamer met 'n en suite-badkamer. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelslaapbank in die solderkamer. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegeruste met al die nodige toebehore en het ook 'n skottelgoedwasser en wasgoedgeriewe. Die oopplan-leefarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n TV met HD-OpenView. Daar is 'n ingeboude braai-area wat van binne of buite die eenheid gebruik kan word en daar is 'n dek op die boonste verdieping waar mens die sonsondergang kan kyk.

Die kompleks het ook 'n klubhuis met 'n tafeltennistafel, pooltafel en 'n sokkertafel.

Slaapplek

'n Bespreking by Slakkepas 61 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Slakkepas 61 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za