Smit Huis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Smit Huis is 'n selfsorghuis in Linkside wat volledig gemeubileer is. Die huis is sowat 3 km vanaf Mosselbaai se punt, 4 km vanaf Santosstrand en stapafstand vanaf die Blaize-staproete.

Die huis het 4 kamers en bied gemaklike slaapplek vir altesaam 11 gaste. Daar is ook 'n groot eetkamer, sitkamer en 'n kombuis. Twee van die kamers het elkeen 'n dubbelbed, die derde kamer het 'n driekwartbed en die laaste kamer het 'n dubbelstapelbed, asook 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is lekker baie sitplek in die sitkamer. Daar is ook 'n lieflike onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe.

Daar is 'n woonstel met 'n dubbelbed en sy eie privaat stort, toilet en 'n wasbak. Ons kan ook matrasse verskaf vir die kinders. Dié woonstel het ook sy eie kombuis en ingang.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Smit Huis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false