Smithland
Beskrywing
Smithland skuil in die hartjie van Tygerberg, net 15 minute se ry vanaf Kaapstad se middestad. Ons aandag aan detail verseker veilige, gerieflike en luukse verblyf. Smithland bied huislike verblyf is in 'n sekuriteitskompleks aan die voet van die Tygerberg in die Noordelike Voorstede.
Elke selfsorgwoonstel is volledig gemeubileer en het sy eie karakter. Die slaapkamers het ’n radio-alarm, kluis, verwarmer, waaier en haardroër. Skoon linne en handdoeke word voorsien. Die oopplan-woonkamer het vreedsame dekor en 'n TV en nooi jou uit om heerlik te ontspan. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, braaipan, strykyster- en plank, eetgerei, breekware en opwasmiddel.
Die gronde word goed in stand gehou en daar is 'n omheinde swembad en braaigeriewe. Let asb. op dat die gebruik van die swembad nie beskikbaar is nie as gevolg van die watertekort. Parkeerplek is beskikbaar onder motorafdakke in die sekuriteitskompleks. Ons kantoor is oorkant die kompleks bied ekstra dienste soos 'n noodhulpkissie, kinderoppasdiens, en 'n faks- en kopieermasjien. Ons bied ook gratis internet vir ons gaste in ons kantoor.
Die N1 is lekker naby en dit bied gerieflike toegang tot die Waterfront en Century City met al sy winkels, restaurante en vermaak. Smithland is ook net 15 minute se ry van die lughawe af.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Rolstoelvriendelik
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Smithland gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |