by Smithland 3-Bedroom House | LekkeSlaap
+29

Smithland 3-Bedroom House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strydom-straat 18, Parow Noord, 7500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Smithland 3-Bedroom House is 'n drieslaapkamerhuis en 'n enkelwoonstel teen die huis, in Parow Noord in die Noordelike Voorstede.

Die dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het ook elk 2 enkelbeddens en dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, toilet en wasbak het. Daar is nog 2 enkelbeddens in die sitarea.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n yskas toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar en die huis het 'n braai-area buite. Daar is parkeerplek agter 'n hek.

Die oopplan-enkelwoonstel het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolf, tweeplaatstoof, oondjie, broodrooster, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gratis WiFi is beskikbaar. Die huis grens aan die drieslaapkamerhuis, maar het 'n aparte ingang. Parkeerplek is reg voor die eenheid agter 'n hek beskikbaar.

Gaste kan die gemeenskaplike swembad op die eienaar se perseel gebruik. Dit is in die Smithland Guest Apartments-kompleks, sowat 150 m ver.

Die verblyf het maklike toegang tot die N1, die V&A Waterfront en Century City.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 2 resensies vir Smithland 3-Bedroom House
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Hans Strydom-straat 18, Parow Noord, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Smithland 3-Bedroom House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strydom-straat 18, Parow Noord, 7500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd23b59d8a01fdafcf7f336f3ab05181cc310387c96bad6732dc13b36cf62213c159daa3c5e199f83a6e6b1416919cc0e6ffd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 18 Hans Strydom Street Parow North 7500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.891010832769 18.576980592521
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem