Snoesige Selfsorg Woonstel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Snoesige Selfsorg Woonstel is 'n selfsorg-woonstel op die eienaars se woonerf in Pretoria. Die boomryke stad spog met verskeie natuurlike en kulturele trekpleisters sowel as belangrike ou geboue en museums wat die moeite werd is om te verken.

Dié eenslaapkamerswoonstel het slaapplek vir 2 en het 'n privaat ingang. Die slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort en 'n gasgeiser.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolf, ketel en broodrooster. Die eenheid het ook 'n kaggel, lessenaar, klerekas en 'n sitarea. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Pretoria spog met 'n verskeidenheid doendinge soos perdryroetes by die Voortrekkermonument, wildkyk by Premier Gamer Reserve en tandem-valskermspring by die Pretoria Skydiving Club. Die eenheid is sentraal geleë naby hospitale, skole, en hoofweë.

Slaapplek

'n Bespreking by Snoesige Selfsorg Woonstel sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Switsers

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Snoesige Selfsorg Woonstel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za