Snooze

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Snooze bied gerieflike verblyf in 'n opgeknapte tuinwoonstel op 'n residensiële eiendom waar die eienaars woon. Die tuinwoonstel is in 'n rustige omgewing in Paarl-suid, met maklike toegang tot die N1.

Dié tuinwoonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort, en 'n oopplan-sitkamer en -kombuisie. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer en die kombuisie is toegerus vir basiese selfsorg met 'n yskassie, mikrogolfoond, en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel. Die dubbelslaapbank bied slaapplek aan 2 kinders of 1 volwassene, nie 2 volwassenes nie.

Daar is 'n swembad op die perseel sowel as buitesitplek. Die huis is 1 km vanaf Laborie Wynlandgoed, 3,5 km vanaf die Taalmonument en naby winkels in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Snooze sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Snooze gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 R796 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za