Sodwana Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sodwana Beach House is 'n selfsorgvakansiehuis, wat in die buitewyke van Sodwanabaai se reservaat geleë is. Die huis is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf, weg van die stad.

Daar is 2 eenhede om van te kies: Sodwana Beach House met slaapplek vir 6 en Sodwana Beach House 2 met slaapplek vir 8. Sodwana Beach House het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en daar is 'n wasmasjien wat gaste kan gebruik. Die sitarea het 'n TV om DStv te kyk en gaste moet asseblief hul eie dekodeerder en slimkaart vir DStv saambring. Die huis het ook 'n OpenView-dekodeerder. Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n ingeboude braai-area.

Sodwana Beach House 2 het 4 slaapkamers wat 'n volledig badkamer deel. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het 'n TV. Die leefarea lei na 'n dek met ingeboude braaigeriewe.

Verder is daar 'n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek op die perseel. Klein, gemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Sodwana Beach House is 4 kilometer se ry van die strand, winkels, restaurante en ander geriewe in die dorp af. Let asseblief daarop dat die huis buite die reservaat is, so 'n daaglikse ingangsfooi moet per persoon betaal word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sodwana Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za