Soetdoring Selfsorg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Soetdoring Selfsorg is in 'n stil en rustige omgewing met 'n uitsig op die Outeniekwaberge geleë. Dié ongekunstelde wegbreek bied selfsorgverblyf net 7 km van Oudtshoorn af.

Dit is die ideale wegbreek vir paartjies, gesinne en vriende van alle ouderdomme en selfsorgverblyf word in 4 lieflike houtkothuise aangebied. Die kothuise het lugversorging, gemaklike dubbelbeddens en enkelbeddens, en privaat badkamers met storte, toilette en wasbakke.

Elke kothuis het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is, en 'n knus kaggel vir die koue wintermaande. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar.

Die kothuise lei na lieflike stoepe met sitplek en braaigeriewe waar gaste die uitsig kan geniet terwyl hulle 'n vleisie oor die kole gooi. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Daar is 'n rits doendinge en besienswaardighede in die area wat gaste van die plaas af kan besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Soetdoring Selfsorg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za