Soetpatat Guest Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Soetpatat Guest Apartment bied verblyf in 'n splinternuwe gastewoonstel in Oakdale, Bellville. Die woonstel is ideaal geleë vir studente wat by 'n tersiêre-instelling in die omgewing soos die US Besigheidsskool, die Universiteit van die Wes-Kaap, Tygerberg se Mediese Hospitaal of CPUT studeer. Dit is ook ideaal vir sakereisigers wat besigheid moet doen in Tygerberg, Durbanville of Bellville. Die perseel is slegs 12 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 25 minute se ry van die middestad af.

Soetpatat Guest Apartment het slaapplek vir 2 gaste in 1 slaapkamer. Daar is 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, induksiestoof, broodrooster en 'n ketel toegerus. Die sitarea het 'n platskerm-TV met volle DStv. Gratis onbeperkte WiFi is beskikbaar vir gaste wat Netflix en YouTube wil stroom.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Braaigeriewe is in die woonstel se privaat area beskikbaar. Die beddegoed word weekliks geruil vir gaste wat lank bly. 'n Wasgoed- en skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit putt-putt, die Cool Runnings sleebaan en inkopies by Tygervallei Winkelsentrum in.

Slaapplek

'n Bespreking by Soetpatat Guest Apartment sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Soetpatat Guest Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R765 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za