Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Soft Adventure Camp

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Abendruhe Plaas, NamNau Habitat, Maltahöhe Distrik, 0000, Hardap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Soft Adventure Camp spog met granietheuwels as agtergrond en is op oop vlaktes in die Nam Nau Habitat Natuurreservaat geleë. Dié reservaat is 25 000 hektaar groot is en in die Namib Naukluft Park geleë. Die Namib Naukluft Park is die grootste natuurreservaat in Namibië en daar is 'n paar natuurreservate wat aan dit grens. Die eienaars, Friedolf and Barbara Sturm, het dié verblyf spesifiek ontwerp vir natuurliefhebbers en diegene wat die ongerepte Namibwoestyn wil verken sonder al die luukshede van 'n lodge.

Verblyf is beskikbaar in 15 chalets wat op so 'n manier geplaas is dat 'n mooi uitsig oor die vlaktes verseker is. Die chalets is op vaste strukture gebou en het seil-afskortings wat die gevoel van 'n tentkamp gee. Elke chalet het 2 of 3 enkelbeddens, lugversorging, 'n plafonwaaier, 'n tafel en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Twee kampstoele kan voorsien word. Gaste kan in die skadu-area voor die chalet sit en die uitsig in die oggend en in die aand bewonder.

Paadjies lei na 'n sentrale gebou wat op 'n heuwel geleë is. Gaste word genooi om hier deur die dag te ontspan. Daar is koue drankies by die kroeg en die eetkamer bied aandete wat altyd 'n spesiale geleentheid is: Kom sit en kyk hoe die sjef jou kos voorberei in die middel van die boma. Dit is 'n tradisionele ete, die viering van die dag en 'n spesiale samekoms van vriende. Gaste kan in die plonspoel wat tussen rotse skuil afkoel.

Begeleide uitstappies is beskikbaar en die nabygeleë watergat lok springbokke, volstruise en sebras.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 2 resensies vir Soft Adventure Camp
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Abendruhe Plaas, NamNau Habitat, Maltahöhe Distrik, 0000, Hardap
  • Gaste dink Soft Adventure Camp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Abbabis Hardap Namibië
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Abendruhe Plaas, NamNau Habitat, Maltahöhe Distrik, 0000, Hardap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28f360d43aaba95102a0ecca43fe473b06fe55814d9c5fb440c1d08c6070757da673b4eb7e11993824fa272da57e1deb6010?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Farm Abendruhe NamNau Habitat 0000 Hardap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.023763 15.953587