Softwaters Farm Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Softwaters Farm is teen die Soutpansbergreeks geleë, aan die voet van die Luondo-berg. Dit is ongeveer 26 km oos van Louis Trichardt af, en 110 km wes vanaf die Krugerwildtuin se Punda Maria-hek. Softwaters is 'n vrugte- en neutplaas en makadamianeute is die hoofproduk, maar hul lewer ook pekanneute, avokadopere en lietsjies.

Die gerieflike kamers bied toegang tot privaat en veilige privaat tuine. Daar is ook 2 kothuise; Ida's en Mahogany. Altwee het slaapplek vir 2 gaste en is selfsorg-eenhede.

Die gastehuis is op die plaas geleë en is die ideale plekkie vir diegene wat op soek is na bietjie rus en vrede. Die gastehuis is gebou uit die oorblywende materiaal van die oorspronklike ou plaashuis. Die karakter van die ou huis het behoue gebly gedurende die restourasie-proses wat 'n volle 9 jaar geduur het. Let asseblief daarop dat al die mure nie reguit is nie en die hoeke is nie almal vierkantig nie.

Die omgewing is die tuiste van meer as 300 voëlspesies en 'n paar wilde diere wat jy mag raaksien as jy entjies gaan stap of fietsry. Ons bied ook 'n paar ander lekker doendinge op die plaas, waaraan gaste mag deelneem as hulle sou wou.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Switsers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Softwaters Farm Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]