Sola Fide Residence

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sola Fide Residence is aan die Sonskynkus in Paradysstrand, Jeffreysbaai geleë. Sola Fida het ruim, luukse selfsorg-eenhede en bied uitstekende see-uitsigte en pragtige sonsondergange.

Dit is 150 m van 'n asemrowende strand af geleë waar jy lang ente kan gaan wandel. Daar is 'n swembad waarin gaste kan ontspan en braaigeriewe is beskikbaar. Verder het die huis platskerm-TV's met DStv (gastehuispakket) en WiFi is beskikbaar.

Uitstekende strandrestaurante, soos Walskipper en Tappas, is naby die huis geleë. (Besprekings kan op versoek gereël word.) Gaste moet asseblief hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Ons eenheid:
Ocean View - eenheid het 3 slaapkamers en slaapplek vir 7 gaste. Daar is 3 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, skottelgoedwasser, leefarea, balkon en braaigeriewe.

Sea Breeze is 'n gesellige grondvloer-eenheid met slaapplek vir 4. Daar is 1 dubbelbed, 2 enkelbeddens or
’n koninggrootte-bed. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, ketel, stoof en 'n yskas. Daar is ook 'n platskerm-TV, DStv (gastehuispakket) en die skuifdeur bied toegang tot die swembad-area. Die swembad is nie bedek nie. WiFi is ook beskikbaar. Al die eenhede is selfsorg.

Kom geniet jou welverdiende vakansie in 'n rustige area.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sola Fide Residence gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]