Solidago

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Solidago is 'n gerieflike, netjies oornag-eenheid met slaapplek vir 4 gaste in Potchefstroom se middedorp. Dié eenheid is in 'n sekuriteitskompleks en het 'n privaat ingang. Dit is naby verskeie winkels, restaurante en ander geriewe.

Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en het slaapplek vir 4 gaste. Linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n kombuisie wat volledig vir selfsorg toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid is met 'n rookverklikker en brandblusser toegerus.

Die leefkamer het gemaklike banke waarvan 1 'n slaapbank is wat in 'n dubbelbed omskep kan word. Daar is 'n TV met DStv OpenView en gaste het toegang tot komplimentêre WiFi.

Daar is 'n buite-braai en kuierarea.

Die parkeerarea is reg langs die eenheid en het saans outomatiese beligting. Die kompleks het toegangsbeheer via 'n hek met 'n GSM-selfoon, elektriese omheining, alarmsisteem en geslotekringtelevisie.

Solidago is sowat 5 km vanaf Noordwes-Universiteit, 3,3 km vanaf MooiMed, 5,5 km vanaf die MediClinic en is ook naby die Mooirivier Mall, Canal Crossing en Potchefstroom Hospitaal. Restaurante soos Beef Boys en die Aardklop-skougronde is net 4,5 km weg. Potchefstroomdam is net 5,5 km weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Solidago sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Solidago gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za