Solitaire 13

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Solitaire 13 is geleë in 'n veilige vakansie-oord in die hartjie van Jeffreysbaai naby aan die hoofstrand. Die dekor en meubels herinner 'n mens aan 'n vakansiekothuis en is sonder fieterjasies. Alles wat jy benodig vir 'n selfsorgvakansie word hier voorsien en jy sal heerlik kan ontspan.

Solitaire 13 bestaan uit 'n hoofhuis en 'n enkelwoonstel genaamd Andikus en Bydikus. Andikus is die hoofhuis wat slaapplek vir 6 persone bied en volledig toegerus is vir selfsorg. Die huis het 2 slaapkamers, die een het 'n dubbelbed en die ander een het 2 enkelbeddens (daar is ook 2 addisionele enkelbeddens op die ommuurde veranda. Verder is daar 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis, sitkamer, eetarea en 'n ingeboude braaiplek op die veranda wat gedurende die winter as 'n kaggel gebruik kan word. 'n TV met DStv is ook beskikbaar (onthou asseblief om jou eie dekodeerder te bring).

Daar is 'n swembad, tennisbane en 'n speelplek vir kinders op die perseel, en dis net 2 blokke van die hoofstrand, winkels en restaurante af.

Kuier gerieflik by die see en kyk hoe internasionale branderplankryers die branderparadys geniet. Dolfyne, skulpe, perfekte punte en klassieke riwwe is hier te vinde. Vang 'n bietjie son en geniet die kalmte by Solitaire 13 in Jeffereysbaai.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Solitaire 13 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false