Somerlus Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Somerlus Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde huis met 3 slaapkamers. Die kothuis is op 'n gasteplaas in Piket-Bo-Berg sowat 150 km vanaf Kaapstad geleë. Somerlus Cottage is 1 van 2 selfsorghuise op die plaas en is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n privaat en ontspanne wegbreek. Die kothuis is geskik vir 'n naweekwegbreek of langer vakansie vir groter groepe vriende en families.

Die ruim kothuis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en die hoofslaapkamer het 'n stort en bad in sy en suite-badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kothuis het 'n kombuis wat toegerus is met breekware, eetgerei 'n Smeg-skottelgoedwasser, 2 yskaste, 'n Smeg-gasstoof, en 'n elektriese oond. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel. Die sitkamer het lieflike uitsigte oor die dam en rotsformasies op die plaas. Gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Die kothuis spog met 'n onderdakstoep met braaigeriewe en sitareas buite. Die buitebraai is ideaal vir lekker kuier om die vuur en die kaggel binne maak die leefarea lekker warm. Alle vuurmaakhout word gedurende jou verblyf voorsien.

Daar is verskeie doendinge, soos fynbos-staproetes, bergfietsry, baarsvang, kajakvaart, swem en avontuurfietsry.

Slaapplek

'n Bespreking by Somerlus Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Somerlus Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za