Son-Skyn Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Son-Skyn Inn is 'n bekoorlike kothuis in Vosburg, 'n ouwêreldse Karoo-dorp in die Noord Kaap. Dié pragtige, boomryke dorp vorm deel van die bekende Karoo Hooglande Roete en bied 'n rustige en aangename toevlugsoord met hartlike Karoo-gasvryheid.

Die eenheid het slaapplek vir 2 gaste in 'n ruim slaapkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n heerlike ou Karoo-sitkamer waar gaste lekker kan ontspan.

Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaak geriewe. Daar is ook 'n braai-area en veilige parkeerplek wat gaste kan benut. Gaste kan ontbyt, ligte maaltye of braaipakke by Ricks Karoo Winkel koop.

Besoekers aan Vosburg kan die historiese geboue in die dorp verken, die Khoisan-klipkuns by Keurfonteinplaas besoek, of saans sterrekyk en die besonderse Karoo-stilte geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Son-Skyn Inn sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Vlaams

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Son-Skyn Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 R553 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za