LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sonnemeisie | LekkeSlaap
+19

Sonnemeisie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jubileestraat 5, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sonnemeisie is 'n pragtige vakansiehuis in De Kelders, Gansbaai. Die area is ideaal vir swem, voetslaan, walviskyk tydens seisoen, haaihokduik, visvang en wynproe.

Dié huis het 'n gedeeltelike see-uitsig en is loopafstand van die naaste strand. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 'n aparte gaste-suite met slaapplek vir 'n totaal van 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Die gaste-suite het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Die gaste-suite het 'n kombuisie, 'n sitarea met 'n TV en 'n stoep met 'n ingeboude braai.

Die sitarea het sitplek en 'n TV. Gaste kan vooraf met die eienaar reël vir DStv. Daar is WiFi.

Daar is 'n lieflike balkon met braaigeriewe en 'n 'n binnebraai. Die eenheid het ook 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennis en 'n veerpyltjiebord.

Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by Sonnemeisie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kinderbed vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xKinderbed vir 1
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Jubileestraat 5, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jubileestraat 5, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjdqs6r7Ktm5uF3p2kNwsSANZ9NxtHn20Ue0HokAtiI5Rsp2KQ7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 8) 5 Jubilee Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.561255121268 19.358835044257
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!