Sonnendal Self-Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sonnendal Self-Catering is in 'n stil woonbuurt in die noordelike voorstede van Kaapstad geleë. Dit is slegs 15 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, Stadskom, Tafelberg en verskeie strande en is net 1 km vanaf die Panorama Kliniek en ander hospitale. Die Tygervallei-inkopiesentrum, N1 City en Century City is maklik bereikbaar.

Die eenheid is 'n oop-plan, met 'n kombuis,2 slaapareas en 'n en suite- badkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mini-oond en tweeplaatstoof, broodrooster, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die slaaparea het 2 driekwartbeddens en genoeg kasruimte, die ander slaaparea 2 enkel beddens met kasruimte. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is volledige DStv en WiFi.

Sonnendal Self-Catering is loopafstand vanaf Pick 'n Pay, 'n apteek, haarsalon, 'n dokterspraktyk, tandarts, en 'n Engen-vulstasie met 'n Woolworths Food.

Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar. Rook is verbode in die eenheid.

Die eiendom is 1 km vanaf Panorama Medi-Clinic en 1 km vanaf Panorama-onkologiesentrum.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sonnendal Self-Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za