Sons of the King Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sons of the King Guesthouse is in die oulike Karoodorpie genaamd De Rust geleë. Die gastehuis bied die ideale, rustige verblyf ver van die besige stad af.

Ons het 2 gastekamers wat elegant ingerig is: 1 slaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander een het 'n wasbak. Die tweede gastekamer is ideaal vir 'n gesin wat bereid is om te deel. Al die nodige linne en handdoeke word voorsien.

Die gemeenskaplike kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die lieflike Dover-oond voorsien hitte in die winter. Gedurende die somer kan gaste heerlik ontspan op die braaidek wat met rose en wingerd bedek is en spog met 'n uitsig oor die lieflike tuin. Daar is ook 'n gerieflike sitkamer-area waarin gaste kan ontspan. Veilige parkering van die straat af is ook beskikbaar vir 'n paar voertuie.

Maak gerus 'n draai by een van die besienswaardighede in die omgewing: die Kango-grotte, die Swartbergpas en die ontsagwekkende Meiringspoort met 'n waterval en natuurlike plonspoel. Stompdrift-dam en -oord is 6 km weg en dis die ideale plek vir visvang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sons Of The King Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R390 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za