Sonwyck 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sonwyck 2 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n eenslaapkamerwoonstel in die middel van die modieuse Groenpunt. Die woonstel is gerieflik naby die V&A Waterfront, die KIKS en die Kaapse middestad geleë.

Die woonstel bied slaapplek vir 'n maksimum van 3 gaste in 1 slaapkamer en is bereikbaar met trappe. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n enkelbed op die toegeboude balkon. Die aparte badkamer het 'n stort. In die sitkamer is daar 'n TV, DVD-speler en 'n klankstelsel. Die aparte kombuis is toegerus met al die nodige elektriese toestelle, sowel as eetgerei en breekware. Verder is daar ook 'n eetkamertafel met sitplek vir 6, 'n bank en gemaklike stoele in die leefarea. Omdat die woonstel aan die agterkant geleë is, is dit koeler en rustiger. Gaste het toegang tot parkeerplek in die straat.

Die woonstel is naby die Seepunt-promenade geleë en slegs 15 minute vanaf Clifton en Kampsbaai se strande. Daar is 'n MyCiTi-bushalte oorkant die pad en verskeie restaurante, kafees, 'n supermark, poskantoor en 'n apteek in die area. Giovanni's Italian Delicatessen is ook net buite die woonstelblok geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Sonwyck 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sonwyck 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za